     
=====================================================================
Kinders dink nuut vir Afrikaans (AV 3:4)
=====================================================================
 
Inhoudsoorsig 	
  

Kinders dink nuut vir Afrikaans

In Augustus het skole dwarsoor die land saamgewerk aan planne om geld in te samel vir behoeftes by skole met Afrikaanstalige leerlinge, of vir Afrikaansprojekte van die Stigting. Welwillende skole het gereageer op 'n oproep van die Stigting vir Afrikaans. 

Die Laerskool Laeveld op Nelspruit het kaartjies verkoop vir die bekendstellingsgeleentheid van Deur die oog van 'n naald, hul provinsie se premier, mnr. Mathews Phosa, se digbundel, en was ook met   relings behulpsaam. Die Stigting vir Afrikaans het 'n vrolike aand met   stoepstories daarvaan gemaak. 

'n Indrukwekkende plakkaatoptog en 'n slagspreukkompetisie is deur die Horskool Bellville van stapel gestuur. By die Horskool Montana in Pretoria is gedraf vir Afrikaans. Die Horskool Namakwaland op Springbok en die Augsburg Landbougimnasium op Clanwilliam het muntleggings gehou om vir hul skoolbiblioteke op 'n Afrikaans tydskrif te kan inteken, asook om koerante en tydskrifte te verskaf aan leerlinge wat di leersame leesplesier nie kan bekostig nie. 

'n Eiesoortige Afrikaanse jl was die ingewing van die Horskool Heidelberg. Die Laerskool Lochnerhof van die Strand se inspirasie was bedagsaamheid teenoor senior burgers: hulle het geld ingesamel om vir die inwoners van Huis Swart in hul gemeenskap tien maande se Afrikaanse koerante te verseker. 

Die Hugenote Laerskool op Wellington het 'n ambisieuse program opgestel wat vyf dae geduur het. 'n Woord- en 'n plakkaatkompetisie is in Afrikaans gehou. Elke klas het 'n verteenwoordiger aangewys wat in die skoolsaal moes deelneem aan 'n wedstryd om die beste vertolking van 'n Afrikaanse boekkarakter te kies. Die opbrengs van 'n muntlegging op die buitelyn van die taalmonument, wat op die skoolsaal se vloer geteken is, en die inskrywingsfooi van 50c om aan 'n wedstryd vir bobaas-storievertellers deel te naam is aan die Stigting gestuur. 

Een van di laer skool se ondernemings wat nog lank vreugde gaan gee, is die boekinsameling. Die boeke is aan 'n skool oorhandig waar die boekwurms 'n groot droogte ervaar het aan leesstof. 

Die Stigting vir Afrikaans s opreg   dankie aan toegewyde skoolpersoneel en ywerige leerlinge wat 'n maand van 1996 'n vrolike Afrikaanskleur gegee het. 

Terug na bo 	  	

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av342.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) Stigting vir Afrikaans 1999 	Blaai terug | Blaai om 	
. 

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1996 /// Gooi weg die vark in die sak! (AV 3:4) /// Kinders dink nuut vir Afrikaans (AV 3:4) /// Bande met ons naaste taalfamilie (AV 3:4) /// Die demografie van Afrikaans (AV 3:4) /// Verre vriend moet gou s of hy belang stel (AV 3:4) /// Afrikaanse vordering in Pole (AV 3:4) /// Afrikaans moet ritme h vir Xhosa leerders (AV 3:4) /// Taalplan Taakgroep: hoe ver is ons nou? (AV 3:4) /// Superman van Imagery (AV 3:4) /// 